Tuesday, May 30, 2006

destiny called, and i told her to fuck off.
sometimes i wish i could dissolve like the smoke of my cigarette in the night and be everywhere, like soundwaves.

(waai ies dus poust ien ienglies? aai dount nou, bat fenks for riedieng)

Monday, May 29, 2006

Once a dish washer, this Nigerian now employs whites
hierdie was die opskrif in 'n nigeriese koerantartikel... sy pa is seker so trots op hom...

Saturday, May 27, 2006

ek het gister oppad huis toe die urge gekry om teen 'n boom langs die pad vas te ry. ek wou myself nie doodmaak nie, net ernstig genoeg beseer om die volgende 3 weke incapacitated te wees. hospitaal het ewe skielik na pret gelyk. maar toe besef ek in suid-afrika gaan die nurses heel waarskynlik nie mooi wees nie (as ek in swede was...), en hulle sal nie vir mens whiskey gee nie, en mag mens rook in hospitale? en niemand behalwe my ma gaan vir my tjoklits bring terwyl ek in die hospitaal issie en mens mag heelwaarskynlik nie klipharde rock musiek luister in hospitale nie, en my kar sou stukkend wees.

Tuesday, May 23, 2006

gm is boombefok

Monday, May 22, 2006

rusland is verower!

random relevante smashing pumpkins lirieke:
- tell me all of your secrets
- can't live for tomorrow
- i tried so hard to cleanse these regrets
- despite all my rage i'm still just a rat in a cage
- the urgency of now
- june bug skipping like a stone
- is it any wonder i can't sleep

Sunday, May 21, 2006

Trust but verify. -- A Russian proverb

Saturday, May 20, 2006

ek het vandag die wonder van die knars van 'n distorted kitaar herontdek. het basies die hele dag agter die rekenaar gesit met audioslave en die foo fighters as geselskap.

random relevante foo fighter lirieke:
  • done, done, on to the next one
  • cursed by love so dire
  • you and i get on with life and pray we find a better one
  • i'll never be your monkeywrench
  • i've been gone so long, gone so long, but i will come back

irrelevante foo fighter liriek:

  • times like these we learn to live again

anycase, nou gaan ek gou 'n 800 woord storie oor china skryf. wat beter kan mens doen op 'n saterdagaand?

sjit, wou nou net buitentoe gaan om 'n rokie te maak, maar toe begin dit weer reen.

Friday, May 19, 2006

ons het vandag die absurdste opdrag van alle tye gekry: ons moet ‘n research proposal skryf vir ‘n studie wat ons nie gaan doen nie, die eerste bladsy skryf van ‘n verslag wat ons nie gaan skryf nie óór die studie wat ons nie gedoen het nie, en dan, ‘n nuusberig oor die studie wat ons nie gedoen het nie.

waddefok?

julle wonder waarskynlik: “maar was dit nou vir jan nodig om ‘n psigotiese episode oor hierdie opdrag te hê?”

die sad ding is: dit was.

ek het nog unresolved issues oor ‘n baie kak ding wat met my gesin gebeur het einde laasjaar. daarom was my brein disconnected meeste van die tyd die afgelope paar maande. die tye wat dit nie disconnected was, was ek preoccupied met bogenoemde issues. so ek het nou nie juis baie aandag aan akademiese dinge bestee nie, en is nou móérse vêr agter. so elke dan en wan het ek besef “o, fok!” en aan opskop gedink. vandag was een van daai dae, ek was naby aan die “afgrond van die brein”, soos ingrid jonker dit genoem het. wat my min of meer aan die gang gehou het die laaste ruk was die feit dat my klasmaats cool mense is (en ek sê dit nie net omdat die helfte van hulle my blog lees nie), baaaaaie sigarette, whiskey nou en dan, en veral die vooruitsig om ná al die kak en drama ‘n kickass joernalis te wees.

“hoe gaan hierdie opdrag my ‘n beter joernalis maak?” het ek vanmiddag herhaaldelik gegil tussen ‘n stroom obseniteite, met ‘n maniese uitdrukking in die oë. dit was the final straw(nt) that broke the camel’s back.

al wat ek wil doen, is om goeie stories te skryf en ‘n mens te wees.

ek voel darem ‘n bietjie beter nou. jimmy page se solo in ‘stairway to heaven’ oppad huistoe het my oorreed dat die lewe darem nie heeltemal kak is nie.

so, aan my klasmaats (mede-lydendes): sorry as ek julle uitgefreak het, of as my taalmisbruik julle offend het. ook sorry (en dankie) aan enigiemand wat hierdie soppy posting gelees het.

as julle my nie maandag sien nie, kom kuier gerus by my in valkenburg (bring net asseblief jul eie sigarette!).

Wednesday, May 17, 2006

Geagte Klas/Dear Class
Please take note of the following dates/projects:
Neem asb kennis vd volgende datums/projekte:
Layout/Uitleg Ma/Mon 29.05

Qual.ResMeth/Kwal.NavMet Ma/Mon 29.05

Cult Lit/Kult Gel Di/Tuesday 30.05

AfrikaVerslag/Africa Rep Wed/Woens 31.05

Media Ethics/Etiek Do/Thurs 01.06

Radio Fri/Vry 02.06

Best/e
LR

Monday, May 15, 2006

departement joernalistiek, crozierstraat 26, stellenbosch







verskoon tog gisternag se pseudo-poetiese brabbel van 'n post: dit was die effek van te veel dylan, cohen en chameleon/jonker musiek, en 'n akute tekort aan whiskey.
dis laat in die aand en die lug is koud bo die kaap maar ek hou van die donker en ek wonder:
moet ek haar se haar arms is mooi en haar lag skil af soos 'n soet lemoen?

Sunday, May 14, 2006

hoekom lyk suburban sondae so?






Friday, May 12, 2006

ek het nounet twee whiskey's gedrink saam met rene, gm, terence, liz, aldi, retha, jeanri, samarie (ons is joernalistiekstudente, go figure) en rene se boyfriend nicol. dit was lekker. dis goed om 'n gesprek met my goeie vriend jack daniel's en ander lekker mense te he na 'n kakkerige week.

ek gaan later 'n movie kyk oor 'n transvestiet. ek dog ek noem dit maar. gm en rene gaan ook, so ek is nie die enigste een wat belangstel in die klas van goed nie. eintlik stel ek nie belang in daai klas van goed nie. ek het net 'n verskoning gesoek om nog 'n whiskey te drink.

wat is die punt van die posting. ek weet nie.

hier is actually mense wat sit en werk in die computerlab in 26 crazier street. ej is besig om te blog. shock horror.

ek weet nog steeds nie wat die punt is van die posting nie. (voorstelle welkom). ek weet ook nie wat die punt van blogging is nie. (voorstelle welkom).
aaaa, dis amper naweek (al wat dit beteken is dat ons 2 dae nie klas het nie, maar in elk geval...) ek gaan vir eers die berg werk ignoreer en na 'n bob dylan rockumentary kyk. dirk jordaan, ons dosent, het dit vir my geleen. hoe koel is dit! dan sal ek dalk more weer aandag aan oprdragte en daai soort van kak gee.
my klasmaat terrence het nounet 'n snotty reply gekry van 'n ballie wat nie happy is oor die artikel wat hy oor die ou geskryf het nie, terwyl hy die interview getape het. self-important wanker!
lees die artikel in die nuutste uitgawe van eikestad nuus!
iets

Wednesday, May 10, 2006

ek het myself nou half dood verveel in die klas. my groepie moes 'n presentation doen oor die effekte van media konglomerasie. my arme klasmaats.
net vir die rekord: ek hou nie van konglomerate nie (kapitalisme is evil en al die klas van goed), maar ek dink darem ook nie hulle is so kak soos die handboeke en goed uitmaak nie. die mense wat vir hulle werk is seker nie almal idiote nie, so daar is dalk hier en daar 'n stemmetjie wat gehoor gaan word (ai, ek is darem idealisties).

Tuesday, May 09, 2006

van sondagaand af het ek ingrid jonker se 'verlore stad' in my kop. dalk is dit omdat ek stad toe was en verlore is.

"die oop oranje papawer van die lug"

Monday, May 08, 2006

nog net drie ure tot opstaan tyd.

Sunday, May 07, 2006


vandag moes ek foto's neem wat identiteit uitbeeld (deadline more): where to go where to go? ek gaan toe maar waterfront toe.
dit was toe baie lekker: die reuk van vrot seewater, toeriste en straatmusikante.
straatmusikante was befok! daar was die een band, abe thomas s'n, wat sulke musiek iewers tussen jazz en ghoema gespeel het, baie lekker...so lyk meester abe thomas oppi trompet



weirdste episode van die dag: ander straatmusikante, 'n kitaarspeler en 'n ou met maraccas (ek dink dis hoe mens dit noem, anyway, daai goed wat mens skud...) doen hul ding en 'n tannie begin te dans...wat se koekies het sy saam met haar tee gehad? jammer die foto's is maar kakkerig...























dit is reg maatjies, geweld is 'n kak idee.



















anycase, dit het my moerse goed gedoen om by die waterfront agter foto's aan te mission (net jammer my foto's issie te goetie). skoon vergeet van al die werk wat ek moet doen. maar die straatmusikante het my so inspireer dat ek die moeite gaan doen om bar-chords uit te figure sodat as straatmusikant bob dylan covers kan doen, in geval ek uit die departement joernalistiek geskop word.

ek weet dis cheesy, maar ek moes net:







groete van huis tot huis: ek het werk om te doen.

Saturday, May 06, 2006

witblad blues: ek moet 'n storie skryf oor plagiaat, maar die lee blad staar my aan asof ek sy sigarette gesteel het

Friday, May 05, 2006

can you tell me where we're heading
26 crazier street or armageddon
(apology to bob dylan)

ons het nounet in die klas 'n bespreking gehad oor rassisme in die media. dit het my weer laat wonder: hoekom kan mense nie maar net fokken mense wees nie. dis moeilik genoeg.
ek haat dit as lorries voor my inry
die naglug is donkerpers bo kaapstad se noordelike voorstede. soos laboratoriumrotte in hokkies slaap mense in hul huisies in kuilsrivier. vanoggend het hulle opgestaan, na hulle werke gegaan, in die middag het hulle teruggekom en sewende laan gekyk en gaan slaap en dan gaan hulle die volgende dag opstaan en na hulle werke gaan en in die middag terugkom en dan gaan hulle sewende laan kyk, miskien braai en brannewyn en coke drink en na kurt darren luister want dis vrydag en dan gaan hulle slaap en maandag begin die siklus (bose kringloop?) weer.

karre suis in die verte (waarheen is hulle oppad? waar kom hulle vandaan? en hoekom?). hoekom moet hulle nie ook stories skryf oor waarom indie 'n demokrasie is al is die meeste mense moerse arm nie? het hulle dalk in die stad gaan jazz luister, whiskey drink en chain smoke? lucky etters!

Thursday, May 04, 2006

ek weet nie wat om op my blog te skryf nie: ek is breindood