Sunday, July 30, 2006

ek het nou net die aakligste artikel uitgewurg. twee minute voor deadline klaargemaak. was so bietjie distracted. dit was britney spears se skuld. ek het nou 'n sigaret nodig. dan gaan ek na rock musiek luister voor ek mal word. (ja,ja ek weet dit is waarskynlik te laat).

Wednesday, July 26, 2006






dit het gereen

Sunday, July 23, 2006


superjan returns

die vakansie is nou basies verby, so ek moet seker maar my brein begin gebruik en daarom kan ek seker maar weer blog.

ek het hierdie vakansie my blog se naam gestand gedoen: ek was breindood. ek het so baie planne gehad vir wat ek sou doen, maar het op die ou end niks gedoen nie (behalwe foto's neem). ek probeer nog uitfigure of dit 'n goeie of slegte ding was. ten minste is ek uitgerus, maar dit moet 'n sonde wees om so baie tyd te mors.

Tuesday, July 11, 2006

'n opregte jammer vir 'n tekort aan blogpostings en enige gebroke beloftes.

ek was in 'n selfopgelegde ballingskap van die wereld.

partykeer moet mens teen 'n muur vashardloop voordat jy besef dat jy 'n deur moet soek.