Friday, May 12, 2006

ek het nounet twee whiskey's gedrink saam met rene, gm, terence, liz, aldi, retha, jeanri, samarie (ons is joernalistiekstudente, go figure) en rene se boyfriend nicol. dit was lekker. dis goed om 'n gesprek met my goeie vriend jack daniel's en ander lekker mense te he na 'n kakkerige week.

ek gaan later 'n movie kyk oor 'n transvestiet. ek dog ek noem dit maar. gm en rene gaan ook, so ek is nie die enigste een wat belangstel in die klas van goed nie. eintlik stel ek nie belang in daai klas van goed nie. ek het net 'n verskoning gesoek om nog 'n whiskey te drink.

wat is die punt van die posting. ek weet nie.

hier is actually mense wat sit en werk in die computerlab in 26 crazier street. ej is besig om te blog. shock horror.

ek weet nog steeds nie wat die punt is van die posting nie. (voorstelle welkom). ek weet ook nie wat die punt van blogging is nie. (voorstelle welkom).

5 Comments:

Blogger arcadia said...

daar is nie 'n punt tot posting nie, net 'n komma. blogging dien as die komma tussen whiskey drink en fliek kyk, tussen staar na 'n lee bladsy en weer staar na 'n lee bladsy. 'n brief interlude of (basically) nothingness.

8:02 AM  
Blogger Jan said...

welkom by breindood, komma gereeld. verder, niks.

2:15 PM  
Blogger gm said...

komma
Ek dog nog al die tyd ek is die enigste een wat belangstel in transvestiete en daai klas van goed. Maar ek stel nie regtig daarin belang nie.
kommapunt
Die transvestiet was snaaks, en het as 'n komma gedien tussen drink en nog drink.
punt

4:49 PM  
Blogger arcadia said...

komma(l) geruime tyd, net nog nie 'n . gemaak om te comment nie.

7:08 PM  
Blogger Jan said...

!;

12:47 PM  

Post a Comment

<< Home