Friday, May 05, 2006

die naglug is donkerpers bo kaapstad se noordelike voorstede. soos laboratoriumrotte in hokkies slaap mense in hul huisies in kuilsrivier. vanoggend het hulle opgestaan, na hulle werke gegaan, in die middag het hulle teruggekom en sewende laan gekyk en gaan slaap en dan gaan hulle die volgende dag opstaan en na hulle werke gaan en in die middag terugkom en dan gaan hulle sewende laan kyk, miskien braai en brannewyn en coke drink en na kurt darren luister want dis vrydag en dan gaan hulle slaap en maandag begin die siklus (bose kringloop?) weer.

karre suis in die verte (waarheen is hulle oppad? waar kom hulle vandaan? en hoekom?). hoekom moet hulle nie ook stories skryf oor waarom indie 'n demokrasie is al is die meeste mense moerse arm nie? het hulle dalk in die stad gaan jazz luister, whiskey drink en chain smoke? lucky etters!

2 Comments:

Blogger N said...

is die mense wat in die stad gaan jazz luister, whiskey drink en chain smoke nie ook rotte nie?

of ad-executives wat coke doen, opstaan om hul Cannes Silwer Toekenning te politoer, en dan weer coke doen nie?

Tog is whiskey objektief gesproke beter. Dit is maar net so.

2:10 PM  
Blogger Jan said...

hulle is ook rotte, maar nie laboratorium rotte nie

4:14 PM  

Post a Comment

<< Home