Wednesday, October 25, 2006

Supermarkte maak my bang
Seksueel frustreerde huisvrouens stoot wellustig krakende trollies rond. Dit lyk of hul trippie Pick'n'Pay toe die hoogtepunt van hul dag is. (Haai shame, dalk is dit). Hul stoutgat snotneus kinnertjies word agterna gesleep. Mans loop met gesigte rond wat sê: "Ek wou my geld eerder op drank spandeer."

Daar is rye rye rakke met allerhande stront soos frikkadelle in spaghetti en tamatiesous en tampons (fok, ek haat hierdie woord). Mense in uniforms pak nog stront op die rakke.

Ou tannies met gesigte afgerem van voorstedelike lief en leed leun swaar op hul waentjies, volgepak met die banaliteite van hul daglikse bestaan . "Gaan ons betyds wees vir Sewende Laan?" wonder hulle waarskynlik, want die rye by die betaalpunte vat fokken lank. Wanneer iemand uiteindelik voor kom, kyk sy met gesig wat sê: "Ek is goddank amper klaar hier. Sterkte, dapper siele!" na die mense wat agter haar in die ry staan.

Supermarkte maak my bang.

6 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Jy's heeltemal reg. En gewoonlik voel dit soos 'n one-way daar binne. Jy mag net een kant uit, en een kant in, en as jy eers in is, vat dit heeltemal te lank om uit te kom sonder dat iemand jou verdink van shoplifting.

10:54 PM  
Blogger gm said...

Jirre Jan, skreeu snaaks. Of depressing. Kan nie besluit nie. (Gegee dis 4:49 en ons het sopas die dept rooi gekuier...)

4:56 AM  
Blogger Jan said...

welkom by breindood, aldi se dude! thanks virrie comment.

gm: is jy siek? hoekom was jy 4:49 wakker? en in 'n toestand om te blog? het ons die dept rooi gekleur? lyk vir my swart. alles swart! concluse proof: die universiteit van stellenbosch se joernalistiek departement is dekadent en verdorwe.

7:03 AM  
Blogger AristoNeeks said...

lekker sinies en depro.

giggel of grom, hoe anders kry suburbia dan kos op die tafels?

a necessary evil.

8:17 AM  
Anonymous Anonymous said...

Jy gebruik te veel beskrywende woorde. Hou jou eerder by joernalistiek, dis minder pretensieus.

5:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

ha,ha.Goeie een

11:50 AM  

Post a Comment

<< Home