Friday, May 19, 2006

ons het vandag die absurdste opdrag van alle tye gekry: ons moet ‘n research proposal skryf vir ‘n studie wat ons nie gaan doen nie, die eerste bladsy skryf van ‘n verslag wat ons nie gaan skryf nie óór die studie wat ons nie gedoen het nie, en dan, ‘n nuusberig oor die studie wat ons nie gedoen het nie.

waddefok?

julle wonder waarskynlik: “maar was dit nou vir jan nodig om ‘n psigotiese episode oor hierdie opdrag te hê?”

die sad ding is: dit was.

ek het nog unresolved issues oor ‘n baie kak ding wat met my gesin gebeur het einde laasjaar. daarom was my brein disconnected meeste van die tyd die afgelope paar maande. die tye wat dit nie disconnected was, was ek preoccupied met bogenoemde issues. so ek het nou nie juis baie aandag aan akademiese dinge bestee nie, en is nou móérse vêr agter. so elke dan en wan het ek besef “o, fok!” en aan opskop gedink. vandag was een van daai dae, ek was naby aan die “afgrond van die brein”, soos ingrid jonker dit genoem het. wat my min of meer aan die gang gehou het die laaste ruk was die feit dat my klasmaats cool mense is (en ek sê dit nie net omdat die helfte van hulle my blog lees nie), baaaaaie sigarette, whiskey nou en dan, en veral die vooruitsig om ná al die kak en drama ‘n kickass joernalis te wees.

“hoe gaan hierdie opdrag my ‘n beter joernalis maak?” het ek vanmiddag herhaaldelik gegil tussen ‘n stroom obseniteite, met ‘n maniese uitdrukking in die oë. dit was the final straw(nt) that broke the camel’s back.

al wat ek wil doen, is om goeie stories te skryf en ‘n mens te wees.

ek voel darem ‘n bietjie beter nou. jimmy page se solo in ‘stairway to heaven’ oppad huistoe het my oorreed dat die lewe darem nie heeltemal kak is nie.

so, aan my klasmaats (mede-lydendes): sorry as ek julle uitgefreak het, of as my taalmisbruik julle offend het. ook sorry (en dankie) aan enigiemand wat hierdie soppy posting gelees het.

as julle my nie maandag sien nie, kom kuier gerus by my in valkenburg (bring net asseblief jul eie sigarette!).

3 Comments:

Anonymous Anonymous said...

jan, vriend, medelyer, as dit jou uitbarstings is wil ek jy wees...
saam sal ons almal eendag sit in valkenburg en reminisce oor die (goeie?) ou dae in crozier 26

11:21 PM  
Blogger gm said...

jan, seblief nie opskop nie! ja, ons almal dink hoe die malligheid ons gan onderkry.
volgende keer as jy uitbars laat my weet. soos niel sê: my primitive whiskey cure-all werk soms... ;)
nou ja, smiley faces aside, jou opsomming van die research meth het actually vir my (vir die eerste keer) laat weet presies wat van ons verwag word. so dis cool en fuckedup in dieselfde asem. haha.
vasbyt.
sien jou maandag. nog 'n ;)

3:23 AM  
Blogger Jan said...

thanks viri comments. ek gaan myself maar moertoe werk terwyl ek na raserige rockmusiek luister. ongelukkig moet ek die whiskey verrruil vir bioplus.

2:54 PM  

Post a Comment

<< Home