Saturday, December 23, 2006

Gister, ná ’n tydperk van hibernasie, besef ek: “Dis amper Krismis. Ek moet seker presente gaan koop.” Ek gaan toe na die Nodden Sabburps se Katedraal van Kapitalisme, Tygervallei, toe. Soos duisende vlieë om ’n reusagtige drol koek almal met ’n beursie daar saam. Tannies met lelike oorbelle, omies met boepense, oues van dae wat baie stadig loop, tienermeisies met baie kort broekies, laaities met puisies en pienk golfer-t-shirts, rugbyspeler-types met te veel gel in hul hare (en selfs ’n bloubul hemp of twee), almal was daar.

Dis baie erg. Ek was minder as twee uur daar, maar moes vyf keer buitentoe vlug om kalmte uit ’n sigaret te suig.

Friday, December 08, 2006



ons het die son sien opkom
miskien sou 'n sonsondergang meer gepas gewees het
maar moenie worry nie
die son kom altyd weer op
 Posted by Picasa