Tuesday, October 24, 2006

Die Universiteit van Stellenbosch se Joernalistiekdepartement is dekadent en verdorwe
deur
JOHANNES A. GERBER

Dit is 17:38. Ek sit nog steeds in 'n gebou in Crozierstraat, Stellenbosch. My oupa het jare gelede, toe hy 'n laaitie was, hier gewoon. Dis nogal weird. Life’s little coincidences…

Nou studeer ek hier. My oupa is al dood. Maar die storie gaan nie oor my oupa nie. Dit gaan oor ek wat studeer. Spesifiek oor ek wat 'n narrative journalism storie baar.

Bo my rekenaar staan 'n quote van Hunter S. Thompson, die vader van gonzo-joernalistiek: “whiskey is no excuse for this kind of brainless, atavistic gibberish.” Ek weet nie eintlik wat atavistic beteken nie, maar dit klink cool. Ek het ook die onoorspronklike titel van hierdie artikel by Thompson geleen. Dit kom van die oorspronklike gonzo-artikel, “The Kentucky Derby is decadent and depraved”.

Liz praat kliphard. Sy het nou net verbygeloop. Sy praat nou met Phil. Thobile stuur foto’s aan ons fotografie-dosent.

Thobile pla alweer.

Ek het hom gou gehelp om 'n foto te dokter.

Fokkit, ek moet skryf. Maar wat doen jy as jy niks het om te skryf nie? Jy tik nuttelose kak soos die.

Nog net 190 woorde. Gaan ek 1 200 soos die kan skryf? Ek is seker ek kan, maar die arme leser sal hom/haar doodverveel. Prof Rabe moet die hele artikel lees om 5% vir al my spelfoute af te trek, maar as ek haar doodverveel hoef ons dalk nie eksamen te skryf nie, so ek sal maar voortgaan.

Liz, Jeanri en Terence praat oor shmodels. “It is a wannabe model,” sê Liz. Dalk moet ek 'n narrative artikel oor 'n passievolle nag saam met 'n shmodel skryf. Maar ek het nie tyd vir sulke in-diepte navorsing nie.

Ek gaan gou 'n sigaret rook. Verskoon my.

Nou gaan ek begin skrýf. Regtig.

Nee, fok dit. Ek is besig om myself dood te verveel.

Die Einde

Okei, nie regtig nie. Ek sal maar aanhou, want aanhouer wen. Ek weet nie wat ek gaan wen nie, maar enniewei…

Ek wen eintlik nooit iets nie, nou dat ek daaraan dink.

Nee, sjit, 'n deadline is geen verskoning vir sulke breinlose, atavistiese brabbeltaal nie. Ek het atavistic opgesoek in die woordeboek, goeie joernalis wat ek is.

Nog 'n Afrikaanse woord vir atavistic is terugslaande. Wie dink so 'n kak woord uit? Nog erger, wie gebruik so 'n kak woord? Oukei, ek gebruik so 'n kak woord, maar net nou, nie gewoonlik nie, regtig.

Ek wens ek het whiskey gehad, al is dit nie 'n verskoning nie.

Nou gaan ek maar ophou. Regtig.

Die Einde
ons moes narrative journalism pleeg vir 'n opdrag. ek gaan nie hierdie storie inhandig nie. sal maar weer probeer. enige idees?

5 Comments:

Blogger arcadia said...

wat presies klassifiseer jul as narrative journalism?

10:09 PM  
Blogger Jan said...

narrative journalism in die breedste sin van die woord is joernalistieke skryfwerk wat van narratiewe elemente gebruik maak, storielyn, karakterisering, daai klas van goed. dit sluit ook gonzo in, wat so half besig is om my tipe van ding te word, waar die skrywer deel van die storie is, soos hunter s. thompson.

7:00 AM  
Blogger arcadia said...

okay. ek het vanoggend wakker geword en besef - hel, wat 'n simpel vraag. ewenwel, dankie vir die antwoord.

7:12 AM  
Blogger Jan said...

dis nie 'n simpel vraag nie. baie mense in ons klas weet nie wat narrative journalism is nie.

8:42 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek weet dis nou volkome lukraak, maar my gunsteling vertaalekwivalent van 'gibberish', is 'koeterwaals' (nie dat daar dosyne vertaalekwivalente vir die 'gibberish' is nie).

Moontlik kwalifiseer hierdie einste bydrae vir koeterwaalse, sinledige geklets...Veral as ek dit afsluit hiermee: my ouma was 'n spastiese vrugverpulper, maar op dinsdae molesteer avokadopeeragtige neushare enige vorm van tombolatafel terwyl lapverf aanbeveel word vir individue wat soms in publieke badkamers jeuk. Fnu.

12:51 AM  

Post a Comment

<< Home