Saturday, September 30, 2006

Vrydag in Riebeeckkasteel

Die mission: gaan neem foto's vir julle portfolio.
Gaan vroeg sodat die lug cool is.

So bevind ek my weer in 'n klein dorpie saam met van my klasmaats. Riebeeckkasteel is boring. mooi lug, maar niks om af te neem nie. Na 'n soeke na cool foto's in die dorpie, en 'n soeke na foto's in 'n mistige veld, en 'n lekker ontbyt (flapjacks), gaan ons na "die gemeenskap" om foto's te neem.

Hier het ek 'n paar foto's gekry wat dalk die moeite werd was. 211 foto's geneem, dalk drie bruikbares.

Ek dink ons het die kinders se dag gemaak. Hulle het heel bos gegaan: vreeslik vir die kamera perform en dit gelaaik om die foto's te kyk.

Hier wys Yolaan, een van my klasmaats, haar foto aan die locals.

Toe ek gisteraand weer deur my foto's gaan, besef ek hoeveel van die kinders heel waarskynlik fetale alkohol sindroom het. Check hul ogies op die foto uit. Ook skokkend was hul verwysings na gang-kultuur in hul gedrag.

Toe ons wou waai, het 'n klomp ons een bussie beset.


Terwyl ek foto's geneem het was die kinders se entoesiasme nogal infectious (ek hoop ek spel dit reg) en het ek dit nogal geniet, maar nou as ek daaraan dink, besef ek hoe sad hul omstandighede is. Jy weet, dat 'n paar joernalistiekstudente met kameras hul dag maak.

Thursday, September 28, 2006

Woensdag in Stellenbosch





Wednesday, September 27, 2006

sidderland



Sutherland hét 'n hotel. Heel gepas is dit Sutherland Hotel gedoop. Dit spog met een hele ster (ironies: ons gaan Sidderland toe en sien net een ster! Net één!).

Die hotel het 'n kroeg. Daar is 'n big screen en oorlede rooikatte teen die muur. Plaaslike manne kyk rugby op die big screen. Die oorlede rooikatte hang net rond. Die kroeg het ook 'n tannie agter die counter. 'n Lang sigaret met 'n wit filter hang aan haar lippe wanner sy glase vol maak.

Na die rugby waai die plaaslike manne.

Ander plaaslike manne kom in: Dirk en Handré. Hulle dra keppies en lelike padded baadjies wat in die laat tagtigerjare cool was. Hulle sien my vriendinne, wat, so tussen ons gesê, nie die lelikste mense op Godsaarde is nie. Hul oë rek, hul monde kwyl. Hulle koop vir my mooi vriendinne drankies, hulle gooi darts, hulle skiet pool. Ek weet nie wat hulle gesels nie. Die enigste persoon in die kroeg waarmee ek wil praat, buiten my vriende en vriendinne, is Jack Daniel.

Nog plaaslike manne kom die kroeg binne. Daar is 'n jukebox. Mens kan sokkietreffers speel. Mens kan ook R&B speel. Mense dans. 'n Vriend en een van my mooi vriendinne verwyder my fisies van die kroeg om te dans. Ek het met my mooi vriendin gedans, nie my vriend nie. My vriend kan nou niks daarvan onthou nie…

Bertie, wat “nog nooit AIDS gehad het nie”, kom die kroeg binne. “Kom speel pool,” sê hy vir my. Ek en een van my mooi vriendinne speel teen Bertie en Dawid pool. Ons wen. Bertie koop vir my en my mooi vriendin en 'n ander random local 'n shooter. “Laat hy val waar hy wil, nettie oppie grontie,” sê Bertie.

Dirk koop vir my mooi vriendin 'n pakkie fudge. Sy kom staan langs my. Dirk se gesig verdonker in 'n “ek-gaan-jou-nou-moer” uitdrukking. “Dit is my boyfriend, Jan,” lieg my mooi vriendin. “Ooo, ek ken vir Jan,” sê Dirk. Hy koop vir een van my ander mooi vriendinne fudge. Sy wil dit nie hê nie. Dirk se teleurstelling lyk groot. Sy lus groter.

Intussen sê 'n dik local iets rassisties aan een van my mooi vriendinne. Hy sê ook iets homofobies aan een van my vriende, wat met my mooi vriendin gedans het.

Ek en my ander mooi vriendin speel weer pool. “Dis nie djy nie, dis jy!” snou een van die locals haar toe. Hulle probeer die heeltyd soos gangsters praat, en lag dan vir hulself.

My mooi vriendin, wat die rassistiese aanmerking gekry het, wil little girl’s room toe gaan. Ek stap saam en staan buite die deur. 'n Local klipkop sê, “Ek wil nou piepie.” Ek sê, “Jy moet maar iewers anders gaan piepie.” Hy stoot die deur effens oop. Ek pluk dit toe. Hy sit die lig af. Ek sit dit aan. Hy stoot die deur weer oop. Ek pluk dit weer toe. My mooi vriendin kom uit. Ons loop.

O ja: Sterre! Dit is hoekom mens 'n plek soos Sidderland deurmaak. Mens kan jou ogie by 'n teleskoop hou en loer na planete. Of jy kan deur SALT (South African Large Telescope) kyk wat 'n paar miljoen jaar gelede met sterre gebeur het. Of jy kan die melkweg met die blote oog aanskou, want Sidderland se nagte is moerse donker.

Ek staan op die eensterhotel se balkon, rook Bertie se laaste sigaret, kyk na die melkweg, hoor die kerkklok vyf keer slaan, hoor 'n haan kraai, en mis Kaapstad se pers naglug.
Ek gaan slaap. My bed spin. Bleddie eensterhotelle.

Wednesday, September 13, 2006

laasweek was ek heeltemal geabsorbeer in die projek waarin ek gewerk het en ek het die naweek op kleinmond spandeer. Die vorige week was ek net nie lus om te post nie.

Laasweek se projek: Finding myself, Tanzania, 'n tv-dokumenter van 'n volle drie minute lank.

My span, die nou reeds berugte Teagirl Productions, het 'n steetvendor, Jackson Junior, allie pad uit Tanzania, raakgeloop en die dokkie oor sy reis hiereen en sy eensaamheid gedoen. Dis moeilik om reg te laat geskied aan 'n persoon in drie minute, maar ek dink ons het so na daaraan as wat ons gebrekkige tegnologie en ondervinding toegelaat het, gekom. Jackson is 'n moerse koel ou en die dokkie het my koel experiences gegee wat ek nie andersinds sou doen nie. Ek het in 'n minibustaxi gery, weliswaar net saam met my spanmaats, maar nog steeds. Ons was Kayamandi in: ek ry al vir meer as ses jaar byna daagliks verby die buurt, maar dit was die eerste keer dat ek daar in is.

Dit was moerse snaaks: een van die shacks het so 'n afskortinkie buite om. op die metaal of plastiek waarvan dit gemaak is staan die woorde "ek is 'n witstink" in drie tale.

ek het kamerawerk gepleeg. ek was 'n nervous wreck tydens shooting. as ek opgefok het, was die hele dokkie 'n fokop. dit het toe oukei afgeloop, selfs 'n paar shots gekry waarop ek baie trots is.
dis moerse koel wanneer visuals, audio en storie bymekaar kom. magic. (keep at it arcadia! ek is seker dit sal die min slaap werd wees.)
ons departement se tegnologie is nie juis geskik vir die klas van ding nie, so dinsdagaand, na ons klaar geskiet het en die footage gecapture het, was daar 'n moontlikheid dat ons dit nie self sou kon edit nie. woensdagoggend toe ek inry s'bos toe dink ek: fok dit, ek sal 'n movie maak!!!
my spanmaats het dieselde gevoel. dit was harde werk, maar die moeite werd. dokkies is nou 'n moerse nuwe belangstelling vir my.
anycase, die naweek was ek toe kleinmond toe saam met 'n paar trawante (insluitende my ou vrind Jack D). dit was lekker. uitgechill.

sorry, wou nou foto's bygesit het, maar blogger is alweer vol kak. dalk vat die nie weer so lank voor ek weer post nie.
tjeers vir eers.