Saturday, December 23, 2006

Gister, ná ’n tydperk van hibernasie, besef ek: “Dis amper Krismis. Ek moet seker presente gaan koop.” Ek gaan toe na die Nodden Sabburps se Katedraal van Kapitalisme, Tygervallei, toe. Soos duisende vlieë om ’n reusagtige drol koek almal met ’n beursie daar saam. Tannies met lelike oorbelle, omies met boepense, oues van dae wat baie stadig loop, tienermeisies met baie kort broekies, laaities met puisies en pienk golfer-t-shirts, rugbyspeler-types met te veel gel in hul hare (en selfs ’n bloubul hemp of twee), almal was daar.

Dis baie erg. Ek was minder as twee uur daar, maar moes vyf keer buitentoe vlug om kalmte uit ’n sigaret te suig.

Friday, December 08, 2006



ons het die son sien opkom
miskien sou 'n sonsondergang meer gepas gewees het
maar moenie worry nie
die son kom altyd weer op
 Posted by Picasa

Saturday, November 11, 2006

Laaste sigarette
ek het gisteraand seker nege laaste sigarette gerook. dit was ons klas se einde van die jaar do. ek wou al twaalfuur se kant waai - rowwe week gehad, nie eintlik in 'n party mood gewees nie. maar die geselskap was goed (en hulle het mooi gelyk in hul cocktail dresses), en elke keer as ek wil waai se hulle ek moet bly. Ek was flattered dat hulle wil ek moet bly dan se ek: ok, maar dis my laaste sigaret.

Tuesday, November 07, 2006

Die Universiteit van Stellenbosch se Joernalistiekdepartement is dekadent en verdorwe II
DEUR JOHANNES A. GERBER

Dit is 17:44. Ek sit nog steeds agter die rekenaar. Vingers oppie keyboard. Ogies oppie skerm. Dis nie meer fkn snaaks nie.

Mediabestuur: ek wil eintlik my kar bestuur: see toe. (let op die kreatiewe gebruik van :) ;-).

Gisteraand het ek huistoe gery met die Polkadraaipad. Daar is een moerse bult, en sodra jy bo kom kan jy die hele Kaapse metropool se liggies sien (onder een van daai liggies...). Die lug was apokalipties oranje. Rookmis oor die hele stad. My Tafelberg.

The Doors se The End het gespeel in my motorradio se tape deck (ja, x nog in die vorige eeu).

"No safety or surprise, the end, of everything that stands, the end, i'll never look into your eyes again, can you picture what will be..."

Maar nou sit ek nog in Crazierstraat 26. Vingers oppie keyboard. Ogies oppie skerm.

Mediabestuur gaan nie van my 'n beter joernalis maak nie, so my attitude is heeltemal verkeerd ingestel vir hierdie opdrag. Dit gaan oor "die rol wat die Internet in die moderne joernalistiek van Suid-Afrika speel en hoe dit die bestuur van koerante beinvloed. Sluit 'n literatuurstudie in."

vingers oppie keyboard ogies oppie skerm the end vingers oppie keyboard ogies oppie skerm the end

Wednesday, October 25, 2006

Supermarkte maak my bang
Seksueel frustreerde huisvrouens stoot wellustig krakende trollies rond. Dit lyk of hul trippie Pick'n'Pay toe die hoogtepunt van hul dag is. (Haai shame, dalk is dit). Hul stoutgat snotneus kinnertjies word agterna gesleep. Mans loop met gesigte rond wat sê: "Ek wou my geld eerder op drank spandeer."

Daar is rye rye rakke met allerhande stront soos frikkadelle in spaghetti en tamatiesous en tampons (fok, ek haat hierdie woord). Mense in uniforms pak nog stront op die rakke.

Ou tannies met gesigte afgerem van voorstedelike lief en leed leun swaar op hul waentjies, volgepak met die banaliteite van hul daglikse bestaan . "Gaan ons betyds wees vir Sewende Laan?" wonder hulle waarskynlik, want die rye by die betaalpunte vat fokken lank. Wanneer iemand uiteindelik voor kom, kyk sy met gesig wat sê: "Ek is goddank amper klaar hier. Sterkte, dapper siele!" na die mense wat agter haar in die ry staan.

Supermarkte maak my bang.

Tuesday, October 24, 2006

Die Universiteit van Stellenbosch se Joernalistiekdepartement is dekadent en verdorwe
deur
JOHANNES A. GERBER

Dit is 17:38. Ek sit nog steeds in 'n gebou in Crozierstraat, Stellenbosch. My oupa het jare gelede, toe hy 'n laaitie was, hier gewoon. Dis nogal weird. Life’s little coincidences…

Nou studeer ek hier. My oupa is al dood. Maar die storie gaan nie oor my oupa nie. Dit gaan oor ek wat studeer. Spesifiek oor ek wat 'n narrative journalism storie baar.

Bo my rekenaar staan 'n quote van Hunter S. Thompson, die vader van gonzo-joernalistiek: “whiskey is no excuse for this kind of brainless, atavistic gibberish.” Ek weet nie eintlik wat atavistic beteken nie, maar dit klink cool. Ek het ook die onoorspronklike titel van hierdie artikel by Thompson geleen. Dit kom van die oorspronklike gonzo-artikel, “The Kentucky Derby is decadent and depraved”.

Liz praat kliphard. Sy het nou net verbygeloop. Sy praat nou met Phil. Thobile stuur foto’s aan ons fotografie-dosent.

Thobile pla alweer.

Ek het hom gou gehelp om 'n foto te dokter.

Fokkit, ek moet skryf. Maar wat doen jy as jy niks het om te skryf nie? Jy tik nuttelose kak soos die.

Nog net 190 woorde. Gaan ek 1 200 soos die kan skryf? Ek is seker ek kan, maar die arme leser sal hom/haar doodverveel. Prof Rabe moet die hele artikel lees om 5% vir al my spelfoute af te trek, maar as ek haar doodverveel hoef ons dalk nie eksamen te skryf nie, so ek sal maar voortgaan.

Liz, Jeanri en Terence praat oor shmodels. “It is a wannabe model,” sê Liz. Dalk moet ek 'n narrative artikel oor 'n passievolle nag saam met 'n shmodel skryf. Maar ek het nie tyd vir sulke in-diepte navorsing nie.

Ek gaan gou 'n sigaret rook. Verskoon my.

Nou gaan ek begin skrýf. Regtig.

Nee, fok dit. Ek is besig om myself dood te verveel.

Die Einde

Okei, nie regtig nie. Ek sal maar aanhou, want aanhouer wen. Ek weet nie wat ek gaan wen nie, maar enniewei…

Ek wen eintlik nooit iets nie, nou dat ek daaraan dink.

Nee, sjit, 'n deadline is geen verskoning vir sulke breinlose, atavistiese brabbeltaal nie. Ek het atavistic opgesoek in die woordeboek, goeie joernalis wat ek is.

Nog 'n Afrikaanse woord vir atavistic is terugslaande. Wie dink so 'n kak woord uit? Nog erger, wie gebruik so 'n kak woord? Oukei, ek gebruik so 'n kak woord, maar net nou, nie gewoonlik nie, regtig.

Ek wens ek het whiskey gehad, al is dit nie 'n verskoning nie.

Nou gaan ek maar ophou. Regtig.

Die Einde
ons moes narrative journalism pleeg vir 'n opdrag. ek gaan nie hierdie storie inhandig nie. sal maar weer probeer. enige idees?

Monday, October 23, 2006

Spieëltjie spieëltjie aan die wand...


Wie's die mees narcistiese fotograaf in die Distrik 6 museum?



ek post nou iets sodat retha iets het om met haar lewe te doen en gm my nie doodmaak nie.